![]() |
| Hildegarde en Johann besig met "setup" |
![]() |
| Delheim enkelspoor - Jaco |
![]() |
| Delheim enkelspoor - Hildegarde |
| Team Nexus - Einde in sig! |
| Ons is klaar! |
![]() |
| Ouch! Hildegarde mediese hulp |
10 km voor die einde het die noodlot ons weer getref. Die korter afstand se groepe het deel geword van ons resies en daar was baie onervare ryers deel van die pakkie. Ons is teen 'n bult af en die persoon voor my het briek aangeslaan, ek ook - nie Hildegarde nie! Sy het verby my gekom en my handvatsel getref. Ons altwee het 'n pragtige stukkie wingerd in Stellenbosch gekoop! Ek het nie so baie skade, maar Hildegarde het op die ander elmboog as die vorige val te lande gekom en hierdie was 'n lelike wond. Haar agter cazette het ook vir die 2de keer losgekom en ons moes stop om dit met hand vas te draai - slegs 'n tydelike opsie. Ons het klaargemaak in 3h55 min - baie tevrede. Ons weet baie meer oor mekaar se vermoë asook waaraan ons moet werk.
Ons wil ook vir Malmesbury Toyota baie welkom sê as deel van ons borge span. Malmesbury Toyota gaan ons ondersteun op ons pad na die Epic. Ons waardeer die lojaliteit wat julle aan ons betoon en wees verseker van ons volgehoue ondersteuning.
Volgende op ons kalender is die Java Challenge wat gaan plaasvind op Saterdag, 10 Augustus by Van Loveren in Robertson. Meer daaroor volgende week!
Groete,
Jaco G



