![]() |
Grabouw Country Club |
Die Sondag oggend dou voor dag is die hele Geldenhuys gesin en ouma Stephanie (my ma) deur Grabouw toe. Dit was die eerste keer dat Hilge, JJ en my ma saam met ons na 'n wedloop toe gaan. Hildegarde was 'n toeskouer en ek kon sien dat sy baie eerder 'n deelnemer wou wees. Daar aangekom het ons agtergekom dat ons ongeveer 2 - 3 km van die wegspring moet parkeer! Dit het al ons planne van gazebo's, kampstoele en piekniekmandjies in die wiele gery. Alles het steeds goed uitgewerk en die toeskouers het 'n lekker tafel onder die groot tent gekry en daar was oral genoeg te koop om te eet en drink.
![]() |
Peet na swem |


"transition" en het probeer om op die eerste klimme soveel moontlik mense verby te gaan om dalk later vinniger by die enkelspoor te kon afkom. Ek het lekker gery en net naby die baie berugte "rock garden" 'n vinnige val gehad, sonder blywende letsels! Ritme was goed en ek het begin dink aan die volgende been wat ek dalk moet doen en myself net so 'n bietjie begin spaar vir 'n moontlike uitmergelende 13 km "trail run". Temperature was op hierdie stadium reeds in die baie hoë 20's. Ek het die bergfiets roete klaargemaak in 1 uur 50 min en Peet het vir my in "transition" gewag. Na 'n vinnige gesels het ek agtergekom ek is steeds in baie
beter kondisie as hy. Hy was maar wit om die kiewe! Ek het toe my drafskoene aangekry, 'n bietjie vloeistof geneem en maar weer in die pad geval.
![]() |
Nog 'n bult! |
![]() |
Om die dam op sand |
![]() |
"Trail run Profiel" |
![]() |
Die Eindstreep! |
![]() |
JJ - Xterra Warrior |
Dit was fantasties vir my om my hele gesin vir die geleentheid daar te kon hê. Hulle almal het dit net so verskriklik geniet. Altwee het hul Xterra tatoe's opgesit en was ook regte "Xterra Warriors"! Hildegarde se hart was maar baie seer, maar ons weet nou baie beter wat om volgende jaar te verwag met hierdie geleentheid.
![]() |
Hilge - Xterra Warrior |
![]() |
Moeë Warriors! |
Peet is die Maandag dokter toe en daar is vasgestel dat hy 'n mantelvliesbreuk het! Die volgende week sou Hildegarde nog fisio kry vir die kuit. Ons het intussen plek vir haar ook vir die Cape Argus gekry op 'n vriend van ons (Eddie du Toit) se naam en ons moes alles regkry vir haar vir die groot resies! Vir my was die Argus Bergfiets uitdaging die week vir die Cape Argus nog eers aan die beurt. Meer van hierdie twee wedrenne volgende keer!
Groete,
Jaco G