Dit sal geensins help om eers te probeer verduidelik waarom daar niks op hierdie blog aangegaan het die afgelope paar maande nie, maar nou ja, ons is nou hier, 2 dae voor Comrades 2016 en dis waaroor ek gaan verslag doen. Ek gaan vlugtig, al is dit net vir my eie dagboek doeleindes, neerpen wat alles in die Geldenhuyse se lewens aangegaan het die laaste paar maande.
Na verlede winter se skrywe het ons steeds elkeen aangegaan met ons oefening soos altyd, doelwitte het net baie verander met baie van die "bucket list" items wat voltooi is. Dinge wat vir my voorgelê het was steeds Wines2Whales, Double Century en Attakwas. Hildegarde en Lood aan die ander kant het na haar en Marisa se African X besluit dat Comrades hul volgende doelpaal is. Deur die winter is daar geoefen om September by die Cape Town Marathon te probeer kwalifiseer vir Comrades. Die volle ondersteuning span was daar om hulle 2 aan te moedig.
Die Cape Town Marathon was natuurlik die dag nadat Suid Afrika teen Japan in die Wereldbeker verloor het en Pietman kon nie die foto oomblik met 'n Japanese atleet laat verbyglip nie. Beide Hildegarde en Lood het kwalifiseer en ons het geweet Comrades gaan ons in 2016 sien.
In my vorige blog het ek verwys na Blesfontein waar ons elke jaar gedurende die winter gaan kuier. Daai wereld het ons en die Fouche's se harte gesteel, maar wat ons nie geweet het nie, is dat die ander twee Geldenhuyse (Pietman en Woel) net so versot is op die Tankwa Karoo. Die aand na ons winterbesoek van 2015 aan Sutherland het ek spottenderwys vir Saretha gevra of ons dalk saam moet kyk na 'n strandhuis of 'n plekkie in die Tankwa en haar antwoord was beslis Tankwa, want ons kan altyd kamp by die see! Die Dinsdag stuur sy aan my 'n advertensie wat op Gumtree is. Ek het kontak gemaak met die eienaar en om 'n lang storie kort te maak, nadat Saretha en Pietman-hulle ook gepraat het is die Mooibergplaas (Edms) BPK maatskappy gestig en ons het ons eie stukkie hemel gekry.
Ons gesin is "gegear" vir 'n man en 'n vrou wat oefen, die gym, my werk, kinders op skool, vergaderings in die aande, maar Comrades oefening het alles kom verander! Tussendeur moes Hildegarde ook Double Century en Wines2Whales ry waarvoor sy fietlik niks op die fiets was nie. Haar gym, draf en die uur of 2 per week het haar egter deur beide gekry en die fokus kon 100% na die Comrades verskuif vanaf Desember 2015. Dit was presies 6 maande voor Comrades en Hildegarde het genoeg tyd gehad met die gym wat toe is om baie "base" myle in te kry voordat die hoer intensiteit oefening begin. Drawwers hardloop maar altyd met die een of ander besering en in Hildegarde se geval was daar geen uitsondering nie. Sy het egter maar altyd deur die pyn gedruk (want sy is hardegat) maar dit het sy tol begin eis toe sy nie haar doelwitte op haar program kon behaal nie. ITB is pynlik en jy moet dit rus en behandel. Rus is nogal 'n moeilike woord vir my bruid om te verstaan, maar sy het besef Comrades is die doelwit en ons het 10 weke gehad om dit reg te kry. Intensiteit is afgebring en rehabilitasie is aan die gang gekry. Lood het op sy beurt voortgegaan met sy program en die kilometers kaf gedraf en die kilogramme het weggesmelt van sy liggaam. Hy het 'n doelwit vir 'n gewig vir Comrades gehad en was baie vinnig oppad daarheen.
Intussen het ek saam met my skoolvriend Dirk Kotze, wat besig was om voor te berei vir sy derde Epic, aan die Tankwa Trek wat deelgeneem. Ons het vir die welsynsorganisasie waarvoor hul alreeds 2 Epics voltooi het, die J9 Foundation gery. Ons het 3 fantastiese dae gehad en sal hierdie geleentheid aan ieder en elk aanbeveel. Dit is nie net van die beste roetes om met 'n bergfiets te ry nie, maar ook die hele atmosfeer rondom dit is 'n belewenis. Baie goeie slypwerk is gedoen deur baie van Epic 2016 se ryers!
Op 1 Maart 2016 het @Hildegarde sy nuwe Spinstudio oopgemaak. Ons het ondervind dat daar 'n groot behoefte is vir so iets in Malmesbury. Klasse is lekker volgeboek en dit is 'n goeie toevoeging tot die gym soos wat hy nou daaruit sien.
Die ITB behandeling het baie goed verloop en Hildegarde was ingeskryf vir die Two Oceans Ultra Marathon wat deel sou uitmaak van haar voorbereiding vir Comrades 2016. Doelwitte het baie verander en tye was nie meer belangrik nie, maar wel die behoefte om te weet hoe haar vorm lyk presies 8 weke voor Comrades. Ons het die dag ingegaan, baie senuweeagtig en heeltemal onseker oor wat die been gaan doen. Die doelwit was om 30 km te hardloop en te kyk wat gebeur en indien die pyn te erg is, op te hou en met rehabilitasie voort te gaan tot so na as moontlik aan Comrades. Hildegarde hou egter nie van "DNF" agter haar naam as sy ingeskryf is vir 'n item nie en sy het in 5 uur 20 min die 56 km klaargemaak. Daar was natuurlik moeilike tye in die wedloop, maar sy het gevoel haar geluk is besig om te draai. Haar eerste Ultra met 'n effense besering, dinge kan net beter gaan, of so het ons ten minste gehoop.
Dit was skoolvakansie en die Geldenhuyse was oppad Kruger Wildtuin toe vir 4 nagte. Ek het grootgeword met feitlik elke tweede jaar in die Wildtuin gedurende die Julie-vakansie, maar met die aard van my werk is dit deesdae my besigste tyd van die jaar. Ons het die oggend na die Two Oceans gevlieg en dit was so uitgewerk dat Hildegarde die week wat ons weg van die huis was sou rus aangesien jy nie in die Wildtuin baie km's in die kampe kan afle nie. Ons het wonderlike gesinstyd spandeer en die tyd saam verskriklik geniet. Die Donderdag het Hildegarde begin kla van 'n krapperige keel en dat sy sukkel om asem te haal. Ek het gese dat dit moontlik die verandering van klimaat kan wees, asook die verskil in lugdruk. Ons het die res van ons vakansie geniet en met ons tuiskoms die Sondag het sy besluit om 'n ent te gaan hardloop. Sy sou 90 min hardloop, maar na minder as 'n uur was sy tuis. Ek het geweet daar was groot fout.
Longontsteking. Haar bors was seer, sy het baie gehoes en die uiteinde was 'n tussinribspier wat seergekry het van al die inspanning. Die volgende wedren was die Weskus Marathon te Langebaan op 23 April, 1 maand voor Comrades en Hildegarde was nie gesond nie. Sy het onttrek, die eerste keer ooit in haar lewe, maar ons fokus was by Comrades, nie by alles wat tussenin gebeur nie. Alles was gereel vir die naweek, sy het selfs registreer! Ons het saam met Lood en Saretha in 'n pragtige plek op die see gebly en dit sommer 'n naweek van ontspan gemaak, behalwe natuurlik Lood wat steeds die Weskus Marathon gehardloop het. Ons almal het ondersteun. Dit het goed met Lood gegaan en hy het geweet hy is naby aan reg vir Comrades. Ons het maar hoop en bid dat alles met Hildegarde sal reg uitwerk om oor 'n maand in top kondisie te wees.
Dinge het stadig beter begin gaan en op 2 Mei het hulle die Safari Halfmarathon in Wellington gehardloop. Lood het sy PB (persoonlike beste) van 1 uur 42 min gehardloop en Hildegarde het sonder enige pyne klaargemaak, alles was weer "on track". Daar was nog 2 weke van harde voorbereiding oor en dit het ook sonder beserings, pyne of dramas plaasgevind. Die laaste week, die een waarin ons nou is, is vir sekerlik enigeen wat so 'n ultra wedloop seker die moeilikste, aangesien jy feitlik niks "mag" doen nie. Rus is die heel belangrikste van hierdie week. Dit maak natuurlik dat jy baie meer energie het, asook baie meer tyd om senuweeagtig te wees oor die groot taak op hande.
Ons glo alles sal Sondag, 29 Mei 2016 goed gaan en dat alles gelyk sal "click". HIerdie jaar is die "downrun" soos die mense praat, dus harldloop hul van Pietermaritzburg "af" na Durban waar hul by Kingsmead Krieketstadion klaarmaak.89,1 km is nie maklik nie, maar ons glo die atlete se koppe is reg. Baie opofferings is deur baie mense gemaak om hierdie wonderlike ervaring vir ons moontlik te maak en ons wil van hierdie geleentheid gebruik maak om julle opreg te bedank vir al die ondersteuning. JJ en Hilge bly by Ouma Fanie en Oupa Kola en ons hoop hulle kuier lekker. Die wegspring is Sondag 05:30 en word gebeeldsend op SABC 2. Jy gaan waarskynlik nie vir Hildegarde of Lood sien nie, maar dit bly 'n insperasie om na die gebeurtenis te kyk. Vir updates oor die twee, volg my op Twitter by @Jaco_Geldenhuys. Sterkte ook aan almal wat deelneem, veral die Malmesbury span - Hercu Hofmeyer, Riaan van Zyl, Jenita du Plessis.
Nou ja, kom ons hoop Mango vat ons veilig tot in Durban. Volgende week gee ek terugvoering oor hoe dit gegaan het!
Cheers,
JG
Wys tans plasings met die etiket Malmesbury. Wys alle plasings
Wys tans plasings met die etiket Malmesbury. Wys alle plasings
27 Mei 2016
05 Augustus 2015
Tyd Vlieg
In my vorige blog het ek nog beloof van hoe ek julle gaan vertel van African X. Nou ja, sonder dat ons dit besef het ons reeds die maand Augustus van 2015 bereik. Ek dink dit is 'n bietjie vergesog om te sê dat die tyd vlieg, want ek dink vlieg is nie heeltemal die korrekte woord nie. Wat is vinniger as vlieg? Blitsvinnig vlieg? Ek weet nie, maar al wat ek weet is dat in die huidige wêreld waar ons onsself bevind niks teen gewone tempo gebeur nie.
Die gym groei van krag tot krag en Hildegarde kan regtig haar passie uitleef. Daar is al baie veranderinge van hoe dit was op 5 Januarie 2015 tot nou en ledegetalle groei steeds soos wat ons probeer om vir elke individu se behoeftes voorsiening te maak. Die nuutste toevoeging is die spinfietse waarvoor ek baie lank al vra. Uiteindelik kon ons gedurende die winterskoolvakansie hulle aanskaf. Daar word 'n wye reeks van klasse aangebied elke dag van die week so gaan kyk gerus by https://www.facebook.com/groups/404833636391635/
vir meer inligting rondom tye.
Blesfontein
Julle sal sien dat daar sekere mense en plekke is wat gereeld hul verskyning op die blog maak. Dit is maar die plekke en mense waarmee ons onsself omring. Blesfontein is een daarvan en ons probeer om eenkeer per jaar daar te draai. Hierdie jaar sal ons 'n tweede keer moet gaan, want Lood het my rooster in hul huisie vergeet! Ons was die laaste naweek van die skoolvakansie daar om te herlaai. Daar is geen selfoon ontvangs nie, dus kan jy vir die 48 uur wat jy daar is werklik afskakel en kwaliteit saam met die mense naby aan jou spandeer. Ons het die vanjaar amper reggekry om sneeu te kry, maar dit wou net nie koud genoeg raak nie. Dit het verskriklik gereen, maar die sneeu het ontwykende gebly. Ons sal weer teruggaan om dit eendag nog raak te slaan.
EasySkips Swartland
Hopelik het baie van julle al die rooi skips / bins in Malmesbury en omgewing gesien. In Maart 2015 het ek my garage skoongemaak en een van hierdie skips gehuur. Dit was so gerieflik om hom by die huis te he en net alles wat ek wou weggooi daarin te kon gooi en iemand anders gaan maak hom leeg, dat ek vir die vorige eienaar gevra het om my en my pa te kontak as hy eendag van die besigheid ontslae wil raak. 6 Weke later was onderhandelinge aan die gang en vandag kan ons trots se dat EasySkips Swartland aan ons behoort. My pa is die kontakpersoon en ons sal met graagte vir jou een by jou huis kom neersit om van enige ongewenste bourommel, sand of vullis ontslae te raak.
Ek was self nog altyd bitter bang vir hokkie. Die lyk gevaarlik. Hige is egter baie lief daarvoor en die afgelope naweek het sy die geleentheid gehad om deel te neem aan haar eerste wedstryd. Dit was ysig Saterdag oggend, maar hul opgewondenheid was aansteeklik en die hele familie, selfs oom Stephan, was langs die veld vir die groot wedstryd. Al die opwinding was nie verniet nie en Hilge kon 3 doele skiet. Ons het dit almal verskriklik geniet en is baie trots op haar. Mens se kinders is die spil waarom alles draai en ons begin nou vinnig agterkom waarheen al ons tyd gaan, en dis baie lekker!
Die Burger Bergfietsuitdaging - 75 km
Wanneer jy gefokus is op 'n doelwit en jy werk hard daarvoor kom daar baie keer ander voordele op die pad na die einde van jou doelwit oor jou pad. So is dit ook met Die Burger Bergfietsuitdaging se 75 km. Persone wat hulself in ander wedrenne bewys het word na hierdie een genooi. Daar is slegs 200 uitnodigings, dus voel mens so half verplig om in te skryf wanneer jy die "golden ticket" kry. Wat mens net ook moet besef is dat hierdie uitnodigings gebasseer is op historiese data en dat jy nie noodwendig in dieselfde "shape" is as waarop jy uitgenooi is nie! Ek het egter baie nederig in die wedren gegaan aangesien ek geweet het ek kom uit 'n winter van baie minder oefen. Ek en Dirk het vooraf reeds besluit dat ons sou saamry. Ons het teen 'n baie gemaklike spoed begin en glad nie gejaag nie. Ek het goed gevoel na so 'n uur en 'n half en begin dink dat ek lekker op ou spiere staatmaak. Die weer was perfek al het ons op 2 grade Celsius begin ry het die temperatuur vinning opgegaan. Na so 2 en 'n half ure het my gemoed effens begin verander en ek kon die tekort aan oefening vinning begin voel. Dirk aan die ander kant het al hoe sterker geraak en was sommer lekker haastig na die einde toe. Ons het klaargemaak in 4 uur 28 min. Ek is baie bly dat ek deurgedruk het. Hierdie was beslis wat ek nodig gehad het om my fokus terug te bring. 'n Baie lekker wedren wat baie goed gereël was. Volgende jaar gaan ek weer!
Groete,
JG
Elkeen het sy eie lysie wat hy moet afmerk en dit hang net af van jou betrokkenheid in besigheid, sosiaal en liefdadigheid op iemand anders se lysie om jou program te bepaal. Julle sal duidelik sien ek los kinders uit die gesprek uit. Dit is vir my en Hildegarde 'n nuwe wereld wat laerskool aanbetref en ons besef ons het nog eintlik niks gesien nie. Kinders is beslis nie meer kinders nie, maar klein volwassenes. Die druk is enorm op hulle en enigiets wat jy vir jouself as ouer beplan het sal aan die agterspeen suig. Ons doelwitte was om dit wat ons graag wou saam doen soos bv. Epic klaar te doen voor kinders skooltoe is. Dankie tog die tydsberekening het so uitgewerk. Ek is tevrede met waar ek staan met my sport, Hildegarde oefen hard, want dis deels haar werk en sy het nog doelwitte wat sy vir haarself wil bereik. Ek is egter ver agter met terugvoering en net voordat julle begin dink dat ons dalk glad meer aktief is nie, is hier 'n kort opsomming van die afgelope paar maande in die Geldenhuys se lewens.
ProNutro African X
Verskoon asb. die manier van verslag gee, maar ek is in die eerste plek nie 'n joernalis nie en in die tweede plek skryf ek soos ek praat en as ek nie self deelgeneem het nie, skryf ek soos ek dit sien afspeel het.
Die twee dames, Hildegarde en Marisa het met geen groot hoop na die African X gegaan. Deels omdat dit vir beide van hulle vreemde gebied was en deels omdat hul nog nooit hul liggame tot die uiterste in hierdie sport beproef het nie. Baie dinge kan oor 3 dae skeefloop en wat dit nog meer ingewikkeld maak is die feit dat jy alles saam met jou spanmaat moet deurgaan. Jy kan nie sommer net op 'n oggend wakker word en besluit jy gaan nie hardloop of jy gaan vandag vinnig of stadig hardloop nie. Dit gaan nie oor jou nie, maar oor wat die beste vir jou span is. Die dames het egter vir hulself gesê dat indien hulle in die top 10 dames spanne kan eindig hul baie tevrede sal wees.
Dag 1 was 'n afstand van 34 km met 800 m klim. Ek en Bouwer het rondgeskuif tussen die verskillende toeskouer punte en kon voortdurende die dames se gemoedstoestand sien. Dag 1 was hulle sterk en het na die einde toe effens stadiger gegaan om hulself vir 'n harde dag 2 te spaar. Hulle eindig op Dag 1 as die 5de vroue span en verbaas hulself in die proses. Daar is egter baie onsekerheid oor hoe hul lywe gaan voel vir die volgende harde dag, so die besluit word reeds geneem om dag 2 stadiger van die begin af te vat om die einde in een stuk te kan haal. Dag 2 was 'n riller van 'n roete met 1 100 m klim oor die 34 km. Die dag is toe ook die warmste dag van 2015 se African X met temperature van bo 30 grade Celsius. Hulle het hulself goed opgepas en eindig as die 8ste vroue span. Teen hierdie tyd het hulle geweet hulle sal reg wees die volgende dag en die plan was om die laaste dag alles te gee. So gese en so gedaan. Die laaste dag was 22 km met 600 m klim. Hulle het alles gegee en op die ou end 7de van die vroue spanne geeindig. Hul het hul eie wildste drome oortref en ek is seker beid van hulle sal in 2016 terug wees vir hierdie onvergeetlike ervaring! Well done Team Nexus!
Verskoon asb. die manier van verslag gee, maar ek is in die eerste plek nie 'n joernalis nie en in die tweede plek skryf ek soos ek praat en as ek nie self deelgeneem het nie, skryf ek soos ek dit sien afspeel het.
Die twee dames, Hildegarde en Marisa het met geen groot hoop na die African X gegaan. Deels omdat dit vir beide van hulle vreemde gebied was en deels omdat hul nog nooit hul liggame tot die uiterste in hierdie sport beproef het nie. Baie dinge kan oor 3 dae skeefloop en wat dit nog meer ingewikkeld maak is die feit dat jy alles saam met jou spanmaat moet deurgaan. Jy kan nie sommer net op 'n oggend wakker word en besluit jy gaan nie hardloop of jy gaan vandag vinnig of stadig hardloop nie. Dit gaan nie oor jou nie, maar oor wat die beste vir jou span is. Die dames het egter vir hulself gesê dat indien hulle in die top 10 dames spanne kan eindig hul baie tevrede sal wees.
Dag 1 was 'n afstand van 34 km met 800 m klim. Ek en Bouwer het rondgeskuif tussen die verskillende toeskouer punte en kon voortdurende die dames se gemoedstoestand sien. Dag 1 was hulle sterk en het na die einde toe effens stadiger gegaan om hulself vir 'n harde dag 2 te spaar. Hulle eindig op Dag 1 as die 5de vroue span en verbaas hulself in die proses. Daar is egter baie onsekerheid oor hoe hul lywe gaan voel vir die volgende harde dag, so die besluit word reeds geneem om dag 2 stadiger van die begin af te vat om die einde in een stuk te kan haal. Dag 2 was 'n riller van 'n roete met 1 100 m klim oor die 34 km. Die dag is toe ook die warmste dag van 2015 se African X met temperature van bo 30 grade Celsius. Hulle het hulself goed opgepas en eindig as die 8ste vroue span. Teen hierdie tyd het hulle geweet hulle sal reg wees die volgende dag en die plan was om die laaste dag alles te gee. So gese en so gedaan. Die laaste dag was 22 km met 600 m klim. Hulle het alles gegee en op die ou end 7de van die vroue spanne geeindig. Hul het hul eie wildste drome oortref en ek is seker beid van hulle sal in 2016 terug wees vir hierdie onvergeetlike ervaring! Well done Team Nexus!
Die gym groei van krag tot krag en Hildegarde kan regtig haar passie uitleef. Daar is al baie veranderinge van hoe dit was op 5 Januarie 2015 tot nou en ledegetalle groei steeds soos wat ons probeer om vir elke individu se behoeftes voorsiening te maak. Die nuutste toevoeging is die spinfietse waarvoor ek baie lank al vra. Uiteindelik kon ons gedurende die winterskoolvakansie hulle aanskaf. Daar word 'n wye reeks van klasse aangebied elke dag van die week so gaan kyk gerus by https://www.facebook.com/groups/404833636391635/
vir meer inligting rondom tye.
Blesfontein
Julle sal sien dat daar sekere mense en plekke is wat gereeld hul verskyning op die blog maak. Dit is maar die plekke en mense waarmee ons onsself omring. Blesfontein is een daarvan en ons probeer om eenkeer per jaar daar te draai. Hierdie jaar sal ons 'n tweede keer moet gaan, want Lood het my rooster in hul huisie vergeet! Ons was die laaste naweek van die skoolvakansie daar om te herlaai. Daar is geen selfoon ontvangs nie, dus kan jy vir die 48 uur wat jy daar is werklik afskakel en kwaliteit saam met die mense naby aan jou spandeer. Ons het die vanjaar amper reggekry om sneeu te kry, maar dit wou net nie koud genoeg raak nie. Dit het verskriklik gereen, maar die sneeu het ontwykende gebly. Ons sal weer teruggaan om dit eendag nog raak te slaan.
EasySkips Swartland
Hopelik het baie van julle al die rooi skips / bins in Malmesbury en omgewing gesien. In Maart 2015 het ek my garage skoongemaak en een van hierdie skips gehuur. Dit was so gerieflik om hom by die huis te he en net alles wat ek wou weggooi daarin te kon gooi en iemand anders gaan maak hom leeg, dat ek vir die vorige eienaar gevra het om my en my pa te kontak as hy eendag van die besigheid ontslae wil raak. 6 Weke later was onderhandelinge aan die gang en vandag kan ons trots se dat EasySkips Swartland aan ons behoort. My pa is die kontakpersoon en ons sal met graagte vir jou een by jou huis kom neersit om van enige ongewenste bourommel, sand of vullis ontslae te raak.
Hilge se eerste hokkie wedstryd
Ek was self nog altyd bitter bang vir hokkie. Die lyk gevaarlik. Hige is egter baie lief daarvoor en die afgelope naweek het sy die geleentheid gehad om deel te neem aan haar eerste wedstryd. Dit was ysig Saterdag oggend, maar hul opgewondenheid was aansteeklik en die hele familie, selfs oom Stephan, was langs die veld vir die groot wedstryd. Al die opwinding was nie verniet nie en Hilge kon 3 doele skiet. Ons het dit almal verskriklik geniet en is baie trots op haar. Mens se kinders is die spil waarom alles draai en ons begin nou vinnig agterkom waarheen al ons tyd gaan, en dis baie lekker!
Die Burger Bergfietsuitdaging - 75 km
Wanneer jy gefokus is op 'n doelwit en jy werk hard daarvoor kom daar baie keer ander voordele op die pad na die einde van jou doelwit oor jou pad. So is dit ook met Die Burger Bergfietsuitdaging se 75 km. Persone wat hulself in ander wedrenne bewys het word na hierdie een genooi. Daar is slegs 200 uitnodigings, dus voel mens so half verplig om in te skryf wanneer jy die "golden ticket" kry. Wat mens net ook moet besef is dat hierdie uitnodigings gebasseer is op historiese data en dat jy nie noodwendig in dieselfde "shape" is as waarop jy uitgenooi is nie! Ek het egter baie nederig in die wedren gegaan aangesien ek geweet het ek kom uit 'n winter van baie minder oefen. Ek en Dirk het vooraf reeds besluit dat ons sou saamry. Ons het teen 'n baie gemaklike spoed begin en glad nie gejaag nie. Ek het goed gevoel na so 'n uur en 'n half en begin dink dat ek lekker op ou spiere staatmaak. Die weer was perfek al het ons op 2 grade Celsius begin ry het die temperatuur vinning opgegaan. Na so 2 en 'n half ure het my gemoed effens begin verander en ek kon die tekort aan oefening vinning begin voel. Dirk aan die ander kant het al hoe sterker geraak en was sommer lekker haastig na die einde toe. Ons het klaargemaak in 4 uur 28 min. Ek is baie bly dat ek deurgedruk het. Hierdie was beslis wat ek nodig gehad het om my fokus terug te bring. 'n Baie lekker wedren wat baie goed gereël was. Volgende jaar gaan ek weer!
Groete,
JG
15 Oktober 2014
Die laaste 6 weke
'n Mens wonder baie keer hoe jy dit regkry om alles wat jy wil / moet doen ingepas te kry. Ek het die afgelope tyd tot die besef gekom dat alles in die lewe wel met 'n doel gebeur en so ook op die regte tyd, jy moet niks forseer nie. Hierdie blog gaan 'n "fly-over" wees van die vorige 6 weke se gebeure.
30 Augustus 2014 - Asics Dirty Double
Meeste van julle weet reeds dat Hildegarde 'n baie bekwame atleet is. Sy is glad nie 'n persoon wat te lank dieselfde oefening wil doen nie en toe die Asics Dirty Double op die horison verskyn het sy dadelik gesê dat sy dit wou doen. Ek het tot die dag voor die wedren nog gewonder of ek nie dalk moet deelneem nie, maar het 'n belofte aan myself gehou en die spesifieke dag as haar en Lood se ondersteuning span saam met JJ en Hilge opgetree.
TipTrans Citrusdal Xtreme - 6 September 2014
Die idee vir my deelname aan hierdie wedren was om te sien presies waar my vorm is na die winter en min lang ure in die saal. Op werksfront was dit 'n baie besige graanseisoen en alhoewel ek steeds gereeld gery het, was dit beslis met 'n ander fokus. Meer instandhouding as voorbereiding. Ek wou in die eerste plek net die 115 km klaarmaak om sodoende myself gerus te stel vir die Karoo2Coast wat 14 dae later sou plaasvind.
Ons was 'n redelike klompie van Malmesbury wat daar was en dit was gerustellend om te weet daar is soveel ondersteuning. Ons het soos die vorige jaar agter die TipTrans vragmotor in die neutrale sone gery. Die enigste verskil was dat die trok teen amper 60 km/h gery het en die groep sommer op die teerpad in 2 gedeel was. Ek was van die voorstes in die 2de groep. Ek wou net daar bly hang en ander ouens die werk laat doen sodat ek darem die eindstreep kon sien.
Meeste dinge in die lewe werk nie uit soos jy dit beplan nie, sommiges slegter en sommiges baie beter. My geaardheid wat, nie eintlik geduld insluit nie, het sommer op die eerste klim die oorhand gekry. Ek het voor gaan sit en bietjie die spoed opgedruk. Ons was 'n groot groep van seker 30 ryers op daardie stadium. Ons het die groot klim van die dag bereik en ek het gedink ek mag dalk begin betaal vir my harde pogings van vroeër. Ek het egter goed gevoel en redelik gemaklik daaroor gegaan. Vandaar was dit redelik plat en afdraend vir die volgende 30 - 40 km en ons kon 'n redelike hoë spoed handhaaf. Ons groep het op die klim verklein na so 12. Daar was 'n redelike lelike val en ons was net 7 in ons groep oor. Van die aanvanklike groep het by die beseerde persoon agtergebly en ons het gery na die naaste waterpunt om die ongeluk aan te meld aangesien daar nie selfoon opvangs was nie. Ek was op daardie stadium die persoon in die groep wat die meeste van die werk gedoen het en het die groep gevra of ons net vinnig by die volgende waterpunt kon stop om die ongeluk aan te meld. Net 3 van ons het gestop...
Ons het tussen WP2 en WP3 alleen gery en 'n groot groep het ons daar gekry vanwaar ons enduit saam gery het. Ek was na 100 km redelik gaar en het effens begin kramp, maar vinnig weer herstel van dit. Ek het klaargemaak in 4h30 min en was vol moed vir die Karoo2Coast oor 2 weke.
Botrivier naweek - 13 -14 September 2014
Outsurance Gun Run 2014 - 12 Oktober 2014
My belofte aan Hildegarde is om ten minste een halfmarathon per jaar saam met haar te doen. Die afgelope Sondag was dit weer die beurt van die Gun Run. Soos ek nou hier sit is ek steeds in pyn. Maak nie saak hoe fiks jy is nie, draf is 'n ander ding. Jy moet hom oefen en jou liggaam moet gewoond raak aan die afstand. My mikpunt was om 2 ure te breek en Hildegarde wou onder 1 uur 40 min hardloop. Sy draf deesdae baie min met die gym wat haar feitlik voltyds besig hou.
Ons het by haar ouers oorgebly Saterdag aand en die kinders was by ouma en oupa terwyl ons gehardloop het. Ek het Hildegarde by die wegspring afgelaai sodat sy 'n beter wegspringplek kan hê terwyl ek parkeerplek gesoek het. Ek het feitlik heel agter weggespring, maar was vol vertroue dat ek my doelwit sal bereik. Dit was my 3de Gun Run en ek het presies geweet waar dinge vir my die vorige 2 keer verkeerd gegaan het. Ek het baie lekker gehardloop en het die eerste 10 km in onder 50 min gehardloop. Daarna het die vasbyt begin. Die lyf het begin seer raak en ek moes my kop reg hou. Die onderstaande foto is ongeveer 3 km van die einde en jy kan sien dis laat in die dag! Ek het net aangehou hardloop en sommer die laaste km my laaste energie gebruik. Ek het klaargemaak in 1 uur 48 min, 12 minute vinniger as my vorige beste! Hildegarde het klaargemaak in 1 uur 37 min en ons het altwee baie tevrede teruggekeer huistoe.
Eerskomende Sondag is dit die beurt van die Impi Challenge. Ek belowe ek sal nie weer so lank vat om julle in te lig nie. Hierdie was baie "catch-up" werk vir my!
Groetnis,
JG
30 Augustus 2014 - Asics Dirty Double
Meeste van julle weet reeds dat Hildegarde 'n baie bekwame atleet is. Sy is glad nie 'n persoon wat te lank dieselfde oefening wil doen nie en toe die Asics Dirty Double op die horison verskyn het sy dadelik gesê dat sy dit wou doen. Ek het tot die dag voor die wedren nog gewonder of ek nie dalk moet deelneem nie, maar het 'n belofte aan myself gehou en die spesifieke dag as haar en Lood se ondersteuning span saam met JJ en Hilge opgetree.
Die wedren het bestaan uit 'n uitmergelende 10 km "trailrun" met oor die 300 m klim, en dit alles op een bult tot op rondom 5 km en 'n bergfietsrit van net so oor die 20 km in Wellington se bekende Welvanpas. Hildegarde het die 10 km in 50 min klaargemaak in die 7de plek en kon op die bergfiets tot in die 3de posisie vorder waar sy naby aan die einde ketting probleme opgetel het wat haar algeheel 7de laat eindig het. Baie lekker gesellige dag en beslis iets vir ieder en elk om in die toekoms te doen. Dankie aan Pieter van Wyk, Marc Kerr en die res van die span vir die ongelooflike dag.
Die idee vir my deelname aan hierdie wedren was om te sien presies waar my vorm is na die winter en min lang ure in die saal. Op werksfront was dit 'n baie besige graanseisoen en alhoewel ek steeds gereeld gery het, was dit beslis met 'n ander fokus. Meer instandhouding as voorbereiding. Ek wou in die eerste plek net die 115 km klaarmaak om sodoende myself gerus te stel vir die Karoo2Coast wat 14 dae later sou plaasvind.
Ons was 'n redelike klompie van Malmesbury wat daar was en dit was gerustellend om te weet daar is soveel ondersteuning. Ons het soos die vorige jaar agter die TipTrans vragmotor in die neutrale sone gery. Die enigste verskil was dat die trok teen amper 60 km/h gery het en die groep sommer op die teerpad in 2 gedeel was. Ek was van die voorstes in die 2de groep. Ek wou net daar bly hang en ander ouens die werk laat doen sodat ek darem die eindstreep kon sien.
Meeste dinge in die lewe werk nie uit soos jy dit beplan nie, sommiges slegter en sommiges baie beter. My geaardheid wat, nie eintlik geduld insluit nie, het sommer op die eerste klim die oorhand gekry. Ek het voor gaan sit en bietjie die spoed opgedruk. Ons was 'n groot groep van seker 30 ryers op daardie stadium. Ons het die groot klim van die dag bereik en ek het gedink ek mag dalk begin betaal vir my harde pogings van vroeër. Ek het egter goed gevoel en redelik gemaklik daaroor gegaan. Vandaar was dit redelik plat en afdraend vir die volgende 30 - 40 km en ons kon 'n redelike hoë spoed handhaaf. Ons groep het op die klim verklein na so 12. Daar was 'n redelike lelike val en ons was net 7 in ons groep oor. Van die aanvanklike groep het by die beseerde persoon agtergebly en ons het gery na die naaste waterpunt om die ongeluk aan te meld aangesien daar nie selfoon opvangs was nie. Ek was op daardie stadium die persoon in die groep wat die meeste van die werk gedoen het en het die groep gevra of ons net vinnig by die volgende waterpunt kon stop om die ongeluk aan te meld. Net 3 van ons het gestop...
Ons het tussen WP2 en WP3 alleen gery en 'n groot groep het ons daar gekry vanwaar ons enduit saam gery het. Ek was na 100 km redelik gaar en het effens begin kramp, maar vinnig weer herstel van dit. Ek het klaargemaak in 4h30 min en was vol moed vir die Karoo2Coast oor 2 weke.
Botrivier naweek - 13 -14 September 2014
Lood en Saretha het ons 'n geruime tyd terug genooi vir 'n wegbreek naweek na Botrivier Hotel saam met ou skoolpêlle van hom. Ons het dadelik ja gesê om bietjie afwisseling te bring met al die aktiwiteite. Hier sou die hele gesin dan vir die naweek saam wees. Daar is natuurlik 'n bergfiets sessie gereël onder die manne, maar dit was iets heeltemal anders as wat ek al voorheen gedoen het.
Die roete was van Botrivier, verby Dassiesfontein Padstal na die "singletrack" teen die berg (ken nie al die roetes se name). Dit was ongeveer 30 km tot by die halfpad merk. Pragtige roetes is daar gebou en was beslis 'n belewenis om daar te kon ry. Halfpad is waar dinge vir my nuut was. Ons het by een van die manne se huise gestop en daar is weggelê aan verversings wat bietjie sterker as jou normale energiedrankie is! Wat my die mense verbaas het, is dat die manne nog op hul fietse die roete terug ook gery het. Baie sosiale sport! Ons het die res van die middag as groep saamgekuier by die hotel, waar meeste van die ryers en hul gesinne ook oorgebly het.
Die Sondag is ons vir 'n kort, maar lekker rit op 'n ander roete wat net weer die prag van hierdie gedeelte van die Wes-Kaap uitgewys het. Daar was 'n effense koeligheid in die lug en jy kon die verandering van die seisoene op die grane waarneem. Ons sal beslis terugkom na hierdie pragtige plek.
Ons was nie aanvanklik ingeskryf vir 2014 se Karoo2Coast nie. Die logistieke nagmerrie van die wedren het dit na die vorige jaar vir ons meer na 'n berg voor ons as 'n uitdaging laat voel. By dit sit jy met oor die 4 000 mense wat deelneem en indien jy enigsins 'n goeie tyd wil ry, moet jy sorg dat jy van die begin af in 'n posisie is waar ander jou nie gaan ophou nie. Hierdie tipe wedrenne met sulke groot getalle is gewoonlik frustrerend vir die persoon wat sy eie doelwitte najaag omdat so baie dinge gebeur wat buite jou beheer is. Ek sal later meer hieroor noem.
Twee van ons klublede het besluit om nie meer te gaan ry nie en ek en Hildegarde het besluit om hulle inskrywings oor te neem, asook die verblyf in die Kerksaal op Uniondale. Ons het in opbou na die Sondag van Karoo2Coast steeds getwyfel of ons al die pad van Malmesbury na Uniondale wou reis, maar toe ons twee ander passasiers bykry was die planne in plek. Ons sou almal saamry, ons kar het 'n geleentheid na Knysna en ons sou die Sondag direk na die wedren terugkom.
Saterdag net na 11:00 is ons op Malmesbury weg en het heerlik gery en was net na 17:00 in Uniondale. Ons het by die Kerksaal omgery voor ons die ander 2 by die koshuis sou aflaai, net om seker te maak waar dit is. Met ons aankoms by die koshuis het Elfriede verneem sy het 'n 4-bed slaapkamer. Ek deel toe die aand 'n koshuiskamer met 3 ander dames! Beslis 'n eerste vir my, maar baie beter as die vorige jaar se rooi tente.
Ek het in die A-groep weggespring en na my TipTrans wou ek bitter graag 'n sub 4 uur Karoo2Coast ry. Hildegarde was in die B-groep en sy het haar eie doelwitte gehad. Ons het weggespring en die eerste deel was 'n neutrale sone. Daar was egter by senuwees en sommer op die eerste afdraend het twee fietse mekaar getref en 'n redelike botsing veroorsaak. Ek het hier gesien dat ek om by my doelwit uit te kom redelik op my eie gaan moet werk. Dinge in die bondel, was net te deurmekaar so vroeg in die resies. Ons het die eerste tweespoor pad gekry wat ook die eerste klim was. Dis hier waarna ek vroeër verwys het. Selfs in ons A-groep is hier opeenhopings en dis waar baie mense baie van hul tyd verloor omdat hy wel die bult kan ry, maar in 'n ander persoon se hande is wat dalk voor hom loop. Niks gaan hier help behalwe geduld nie. Niks wat jy gaan sê, gil of doen gaan die situasie verbeter nie, want voor die persoon wat jou ophou is daar net weer een wat hom ophou. Dit het niks te doen met hoe sterk of tegnies goed jy is nie, maar wel met die groot hoeveelhede mense wat deelneem. Beste raad, "chill", jy gaan later hard ry met die energie wat jy nou spaar.
Om terug te kom na die eerste klim: Ek was gelukkig, was redelik voor en kon die hele klim ry met 'n gemaklike hartklop. Dit was goed vir my, want dit het my energie laat spaar wat ek dalk later kon nodig kry en as ek teen my eie spoed daar sou uitgaan sou dit my later ingehaal het. Ek het lekker in my eie ritme gekom van sterk klim en bietjie stadiger as die gewone ou op die afdraende (ek is immers 'n verantwoordelike man en pa van 2). In die middel van die resies het ek sterk gevoel en besef dat ek in my groep die leiding sal moet neem om my eie doelwit te behaal. Ek het uitgewerk dat ek teen die einde 'n gemiddelde spoed van 24 km/h of meer moes ry om 4 ure te breek. Al die klim in die eerste 60 km het gemaak dat my gemiddelde spoed op 'n stadium onder die 20 km/h was. Vir die volgende 20 km het ek alles gegee om die gemiddelde spoed op te kry en het na 80 km begin voel ek sal bietjie rustiger moet gaan aangesien daar nog die laaste klim op na Simola is. Ek het vir 5 km rustiger gery en toe die klim kom al my laaste krag gebruik. Ek het 4 mense verbygegaan op die laaste klim en toe ek die teerpad afvat Knysna toe, het ek geweet ek is binne bereik van my doelwit, my tyd het gesê 3 uur 48 min. Ek het nie ontspan nie, voluit gegaan teen die wind tot ek oor die blou matte was en klaargemaak in 3 uur 56 min - "Mission accomplished".
Hildegarde het haar eie drama gehad. Haar voorste "shifter" kon nie die ketting van klein na groot kry nie. Sy het noodgedwonge die hele Karoo2Coast in haar klein voor-"blade" gery. Op die klimme was dit heel aanvaarbaar, maar op al die plat stukke het die groepe haar agtergelaat. Sy het steeds klaargemaak in 'n baie goeie tyd van 4 uur 26 min. Na alles is ons baie bly ons het gaan deelneem. Dit was 'n vinnige, maar baie leer "trippie". Ons sal seker maar weer gaan....
Malmesbury Fietsryklub Gesinsdag - 4 Oktober 2014
Die fietsryklub het sy jaarlikse Gesinsdag op 4 Oktober 2014 by Malmesbury Skougronde gehou. Die oogmerk van die dag is om die hele gesin by die sport te betrek. Die dag skop af met 'n pretrit vir die hele gesin. Elke kind word deur sy ouer vergesel op die 2.5 km roete deur die wingerde. Elke kind kry dan na afloop van roete 'n pragtige medalje vir sy of haar deelname. Vanjaar se roete is deur amper 60 kinders gery en was 'n reuse sukses. Hierdie pretrit is opgevolg deur 'n aflos vir die groter kinders en volwassenes wat in spanne van 2 aan 'n wedren deelneem wat 2 ure aanhou. Die span met die meeste rondtes in die 2 ure word as die wenners gekroon. Hierdie dag gaan egter nie oor wen of verloor nie, maar oor die lekker saamkuier. Die dag word afgesluit met baie gelukkige trekkings met pryse van borge. Almal was dit eens dat dit 'n dag op die kalender is wat nie misgeloop mag word nie. Die klub het ook een lot (2 bottels rooiwyn en 'n skaapboud) opgeveil vir CANSA (kinderkanker). Die veiling en die ekstra donasies wat die dag gemaak is het 'n bedrag van R3 350 vir 'n baie goeie doel ingesamel. Dankie vir almal se wonderlike bydraes en teenwoordigheid die dag, veral aan Die Courant en Malmesbury Superspar!
My belofte aan Hildegarde is om ten minste een halfmarathon per jaar saam met haar te doen. Die afgelope Sondag was dit weer die beurt van die Gun Run. Soos ek nou hier sit is ek steeds in pyn. Maak nie saak hoe fiks jy is nie, draf is 'n ander ding. Jy moet hom oefen en jou liggaam moet gewoond raak aan die afstand. My mikpunt was om 2 ure te breek en Hildegarde wou onder 1 uur 40 min hardloop. Sy draf deesdae baie min met die gym wat haar feitlik voltyds besig hou.
Ons het by haar ouers oorgebly Saterdag aand en die kinders was by ouma en oupa terwyl ons gehardloop het. Ek het Hildegarde by die wegspring afgelaai sodat sy 'n beter wegspringplek kan hê terwyl ek parkeerplek gesoek het. Ek het feitlik heel agter weggespring, maar was vol vertroue dat ek my doelwit sal bereik. Dit was my 3de Gun Run en ek het presies geweet waar dinge vir my die vorige 2 keer verkeerd gegaan het. Ek het baie lekker gehardloop en het die eerste 10 km in onder 50 min gehardloop. Daarna het die vasbyt begin. Die lyf het begin seer raak en ek moes my kop reg hou. Die onderstaande foto is ongeveer 3 km van die einde en jy kan sien dis laat in die dag! Ek het net aangehou hardloop en sommer die laaste km my laaste energie gebruik. Ek het klaargemaak in 1 uur 48 min, 12 minute vinniger as my vorige beste! Hildegarde het klaargemaak in 1 uur 37 min en ons het altwee baie tevrede teruggekeer huistoe.
Eerskomende Sondag is dit die beurt van die Impi Challenge. Ek belowe ek sal nie weer so lank vat om julle in te lig nie. Hierdie was baie "catch-up" werk vir my!
Groetnis,
JG
25 Julie 2013
Julie eskapades
Almal wonder seker nou al wat aangaan dat die blog so stil is. Die feit van die saak is, dis koud en nat in die Wes-Kaap, my seisoen by die werk is aan die gang, dit was skoolvakansie wat dit 'n bietjie meer rustig gemaak het en daar was geen "races" op ons kalender gewees nie. Dit is besig om vinnig te verander. Ons volgende "race" is Die Burger Bergfietswedren op 3 Augustus 2013 te Stellenbosch.
Ons was die laaste naweek van die skoolvakansie vir 'n wegbreek na Blesfontein in Sutherland waar ons glad nie geoefen het nie - dit was baie nodig. Lood en Saretha het saam met ons gegaan en ons het lekker gerus en gekuier. Ons het ook met die terugkom slag dieselfde roete gery as wat ek en Lood met die fietse in April gedoen het, wat 'n belewenis!
Die pragtige natuur daar is baie goed vir die siel en ons het vol energie teruggekom. Die kinders kon darem ook so 'n bietjie van die vakansie gevoel kry en het die heeltyd gevra wanneer dit gaan sneeu! Pa se antwoord - nooit die naweek nie!.
Ek en Lood kon elke knikkie in die pad onthou en het vir onsself gesê dat as ons voor die fietsrit geweet het hoe die pad is, ons dit waarskynlik nooit sou aanpak nie.
Ons terugkoms het ook die nuwe skoolkwartaal se aankoms aangekondig en dinge is weer vinnig terug na normaal. Week 1 na die skoolvakansie het vir my drie aandvergaderings beteken en weereens moes ek my dinge fyn sny om te kon oefen. Een baie lekker van die nuwe kwartaal was ons nuwe "racekit" wat deur die pos gekom het. Ek het lank daaraan beplan en is baie tevrede met die eindresultaat. Dit voel fantasties en ek hoop dit vang die oog soos wat die bedoeling was!
In Malmesbury het ons die afgelope week ook die Malmesbury Fietsryklub "herstig". Die sport groei baie goed in ons area en ons wil dit meer formeel aan die gemeenskap bemark. Ons sal voorsiening maak vir pad- en bergfietsryers. Gaan volg asb malmesburyfietsryklub.blogspot.com. Daar sal inligting oor opkomende wedrenne, oefenritte en ander kommunikasie voordurend deurgegee word.
Wat het die afgelope 3 weke in ons lewens gebeur? Ek en Hildegarde is besig om fiksheidsvlakke in stand te hou. Elkeen is steeds besig met sy eie oefenprogram. Myne is so 7 - 9 uur per week op fiets. Ek het ook weer begin draf - wat 'n marteling vir my, maar voel dis goed vir die longkapasiteit. Hildegarde is besiger as ooit. Klas gee, draf, bergfiets, padfiets en gym is heeltyd op haar program. Ek dink die bergfiets gogga het haar nou lekker gebyt. Sy is in konstante gesprekke met mense wat reeds die Epic voltooi het en weet nou al baie meer oor wat om te verwag. Sy het ook begin om 'n biokinetikus te sien wat haar gaan help om die regte spiere te oefen en sterker te kry - sy sal maar vir my moet help!
![]() |
Ons gesin - Oubergpas |
![]() |
Lekker om die vuur |
![]() |
Oubergpas van bo |
![]() |
Kerk in Sutherland |
![]() |
Skerp draai op Oubergpas |
![]() |
Lood se foto |
![]() |
Hildegarde - Fitting |
In Malmesbury het ons die afgelope week ook die Malmesbury Fietsryklub "herstig". Die sport groei baie goed in ons area en ons wil dit meer formeel aan die gemeenskap bemark. Ons sal voorsiening maak vir pad- en bergfietsryers. Gaan volg asb malmesburyfietsryklub.blogspot.com. Daar sal inligting oor opkomende wedrenne, oefenritte en ander kommunikasie voordurend deurgegee word.
Eerskomende naweek gaan ek my "nuwe" fiets in Gauteng haal. Ek gaan ook by my broer daar draai. Hy blaas Saterdag op Ellispark, so dit sal 'n eerste vir my daar wees. Bly asb ingeskakel op die blog, want Sondag "post" ek alles oor my trippie na die ou Transvaal!
So tot dan, lekker oefen en bly positief. Onthou ons almal jaag verskriklik, maar eindig op dieselfde plek!
Tot dan,
JG
25 Junie 2013
Die Klipkop
![]() |
Kaart van Klipkop |
![]() |
Die Klipkop |
![]() |
Steil opdraend na 6 km |
![]() |
Na ongeveer 2.5 km |
![]() |
"Downhill jeep track" |
![]() |
Tegniese deel oor rotse |
![]() |
Eerste bult - "nuwe" deel |
![]() |
Houtbrug |
Daar is baie skerp draaie en konsentrasie moet die heeltyd gehou word. Daar is nie plek vir omdraai nie. Baie mense sal hierdie gedeelte loop aangesien die afgrond baie naby is en daar niks is wat jou keer om daar af te foeter nie. Die gedeelte sal mettertyd ook beter hanteer aangesien dit nou nog baie los en vars is.
Die enkelspoor kom tot 'n einde vanwaar jy weer regs draai in die rigting van die boonste Bloekombos. Daar is 'n pragtige "singletrack" deur die hele bos - lekker tegnies, maar nie onrybaar. Na afloop van dit kom jy uit die bos en ry ook met enkelspoor terug na die begin. Totale km's sal so rondom 13 km wees, maar 'n uitstekende "workout"!
Die bergfiets gemeenskap in Malmesbury het die afgelope jaar baie gegroei en word steeds groter. Ons het Woensdag aande om 17h30 van SAP 'n nagrit van ongeveer 2 ure en dit word uitstekend bygewoon. Die Klipkop roete is ook vir almal toeganklik en word baie gery! Baie dankie vir almal wat gehelp het met die ontwikkeling daarvan, dit word baie waardeer. Ons geniet dit baie.
Nou ja, dit is steeds winter en dit reën baie in die Wes-Kaap, so oefentyd is maar min. Die sessies wat gedoen word is gewoonlik maar in die koue en nat. My program loop so tussen 7 en 10 ure per week op die fiets op die stadium. Die volgende resies waarna ons opbou is Die Burger Bergfietsuitdaging in Stellenbosch.
Vasbyt,
Jaco G
27 Mei 2013
Amarider 50 Miler
Die 25 ste Mei 2013 het aangebreek waarop die Amarider 100 en 50 Miler plaasvind. Ek was plat in die bed met griep van die Woensdag af, so daar was geen kans dat ek kon deelneem nie. Hildegarde was die week vantevore saam met Hilge en JJ siek, so die Geldenhuyse was maar broos! Hildegarde het egter die heel week geoefen voor die 50 Miler, alhoewel dit nie fietsry was nie. Sy het die Donderdag voor die resies 'n 20 km gaan ry en het gese sy voel goed vir die Saterdag.
Ek kon die Saterdag uit die bed kom en het opgetree as Hildegarde se tegniese / ondersteuning span. Ons het die kinders by ouma Fanie en oupa Kola gelos vir die dag en ons is deur na Delico waar die wegspring van die 50 Miler was. Dit was 'n ysige windjie wat gewaai het en die mis het laag gehang wat dinge nie makliker gemaak het nie. In dieselfde resies was 'n hele klompie Malmesbury gesigte wat ook deelgeneem het - Carl Malherbe, Helena en Alex Bester, Johan du Plessis, Jean Fouche, Frederich Claasen en Altus Spannenberg om maar 'n paar te noem. Dit was lekker om so 'n resies in ons eie kontrei te hê, ek was hartseer dat ek nie kon deelneem, maar was beslis nie in staat nie.
Om 09h00 stiptelik het hulle begin. Ons het geweet dat die resies nie baie tegnies gaan wees nie en dat die spoed redelik hoog sal wees. Ek het gesorg dat ek vanaf 10h00 by die eerste toeskouer punt was. Dit was 37 km van die begin af. Die voorloper van die resies het om 10h15 verbygekom. Ek het nog so rondgestaan toe Carl en Jean verbykom en 'n minuut of wat na hulle het Hildegarde en Frederich verbygekom om 10h24. Hildegarde was amptelik die 4de vrou op daardie stadium. Hulle was lekker haastig en Hildegarde het goed gelyk. Helena is so 5 min later daar verby en ek het besef ek sal moet stukke insit om by die volgende toeskouer punt uit te kom.
Die voorloper is om op die kop 11h00 verby ons by die 2de toeskouerpunt. Dit beteken hy het 'n gemiddelde spoed van 30 km / h gehandhaaf - 60 km was nou verby. Carl was weer die eerste van ons groep deur die punt met Jean 2de. Hildegarde het deurgekom saam met Frederich en steeds goed gelyk. Helena was volgende. Ek het gery om by die eindstreep te kom en so 'n halfuur nadat ek weg is by die toeskouerspunt die oproep van Hildegarde wat gesê het sy het 'n sny in haar agterband, die "bom" kon hom nie styf hou, want die sny is te groot om te seël en hulle sal 'n binneband moet insit. Ons ry met "tubeless" bande, so om 'n binneband te gebruik is altyd die laaste opsie! Jean Fouche het vir Hildegarde hier deur dik en dun gehelp om haar weer op die pad te kry - baie dankie Jean, ons waardeer dit. Sy het egter ongeveer 20 min verloor met die proses, sy was 3de toe die noodlot haar tref. Sy het klaargemaak in 3 uur 59 min en was baie teleurgesteld. Ons het steeds meer uit die dag gekry as was ons verwag het. Baie goed gery vir die hoeveelheid voorbereiding en nou weet ons waartoe sy in staat is. Helena was die 5de vrou en Carl was die eerste Malmesbury man. Baie geluk aan almal wat gery het.

![]() |
50 Miler - Wegspring |
![]() |
Hildegarde na 37 km |
![]() |
Helena Bester - 60 km |
![]() |
Kobus en Alex - 60 km |

Die 100 Miler se wenners het die 160 km in 6 ure kafgedraf met Johann Rabie, ook van Malmesbury in die 2de plek. Ons resies kalender is nou stiller vir 'n maand of wat, maar bly ingeskakel vir al die lekker oefen stories!
Groete tot volgende keer,
Jaco G
Groete tot volgende keer,
Jaco G
Teken in op:
Plasings (Atom)