Scott Scale 910 |
Om aan die gang te kom, moes ek vir Hildegarde 'n bergfiets koop, Adventure Cycles is toe gekontak en ons kon Hildegarde se Epic fiets kry - Scott Scale 910, 'n pragtige masjien en weeg slegs 9.8 kg!
Ons het 'n paar keer saam geoefen en toe ingeskryf vir NG Kerk Philladelphia se bergfiets rit op Saterdag 27 April 2013. Die roete was glad nie tegnies nie, net een baie rowwe klim, ook 'n gedeelte waar ons halflyf deur die rivier moes loop. Ek het my en Hildegarde se fietse gedra en was bitter bly oor die min gewig van haar fiets. Die "downhills" was vir haar bitter moeilik en sy het nog nie die selfvertroue gehad om dit gemaklik te ry nie - all in good time! Bietjie oefen en sy sal daarmee gemaklik wees.
. |
Hildegarde oefen |
Ek en Hildegarde |
Philladelphia eindstreep |
Ek, Hildegarde en Lood het heeldag saamgery en klaargemaak in 2 uur 40 min - dit was toe net 45 km. Hierdie was
'n lekker resies vir haar om weer haar terugkeer na bergfiets te maak na 5 jaar! Van hier kan dit
beter raak.
Volgende aan die beurt was die SAD halfmarathon te Wellington op 1 Mei 2013. Meer daarvan volgende keer.
Tot later,
Jaco G
Geen opmerkings nie:
Plaas 'n opmerking