99er Roete |
99er Medaljes |
Helshoogte Pas |
Tour de Stellenbosch Roete Profiel |
Ek het die daaropvolgende naweek saam met Lodiaan Fouche (Lood) die Medallion Tour de Stellenbosch gaan ry. Lood sou later ook my rymaat wees vir die Transkaroo - Sutherland na Ceres (245 km). Ons het saam weggespring op 'n baie warm dag en teen 'n hoë pas gery. Die Tour de Stellenbosch is 97 km lank en begin by Technopark in Stellenbosch, bo-oor Helshoogte pas deur Pniel, links na N1, verby Fairview, op agter Paarlpad en dan met draai terug na Technopark. Ek het vir Lood verloor op 75 km en kon hom nooit weer vang nie. Ek het uiteindelik klaargemaak 7 min na Lood met 'n tyd van 3 uur 12 min. Baie warm dag en raai wat? Geen medalje by die Medallion wedren!
Volgende resies - Totalsports Xterra te Grabouw! Meer daarvan later...
Groete,
Jaco G
Geen opmerkings nie:
Plaas 'n opmerking