Nou ja, daar is alles skielik verby. Hoe voel ‘n mens? Ek het ‘n onderhoud met ons twee atlete
gevoer na afloop van hul eerste Comrades.
Die algemene gevoel is verlig en dankbaar dis verby. Die merkie is gemaak en hul kan dit afhaal
van hul “bucket list”. Wat wel erg is, is daai klomp
– rofweg 3000 – mense wat nie die eindstreep binne 12 ure kon haal nie. Hulle sal voel hul moet terugkom en aan
hulself bewys jy kan klaarmaak. Moenie
my verkeerd verstaan nie, dis ‘n ongelooflike gevoel om op die eindstreep te
staan en te sien wat dit vir ieder en elk beteken om klaar te maak. Ek dink by ons twee atlete sal die gevoel van
genoegdoening eers oor die volgende paar dae inskop, nadat die fisiese pyn
verdwyn het. Kom ek vertel jul bietjie
van die Comrades naweek.
Vrydag nadat ons geland het, het ons ingeboek by ‘n baie
mooi gastehuis in Umlanga, Burnham House, vanwaar ons die see kon bewonder van
ons balkon. Die weer was perfek in
Kwazulu Natal vir die hele naweek. Ons
het besluit om sommer Vrydag middag die besige expo waar registrasie sou plaasvind
agter die rug te kry. Ons is na die
Durban ICC waar ons die nommers gekry het asook so bietjie van die atmosfeer
van Comrades 2016 begin ervaar het. Daar
was letterlik van elke tipe handelsnaam wat sporttoerusting aanbetref
teenwoordig by die expo.
Ons het ‘n heerlike ete by Col’Cacchio gehad by die Gateway Winkelsentrum. Die atlete wou vroeg inkruip om soveel moontlik te rus voor Sondag. In die middel van die nag was daar by my en Hildegarde se bure redelik baie opwinding. Dit het kompleet geklink of iemand omstreek 01:50 die gastehuis probeer oorneem. Ons het na so 30 min agtergekom dit is maar net ‘n oordosis van voggies wat ons bure so rumoerig gemaak het. Natuurlik is ons van die platteland nie gewoond aan hierdie tipe dinge nie, so ons was maar redelik bang! Die einaardigste dinge maal deur jou kop as jy vasgevang is in jou kamer en mense begin ruk aan jou skuifdeur omdat hulle dink hul is nou skielik “untouchable”. Hildegarde was natuurlik braaf genoeg om nog te wil loer wat aangaan, ek aan die anderkant kon die toneel voor my sien afspeel hoe iemand my op ons balkon met ‘n wapen inwag. Sy sien toe egter deur die skrefie in die gordyn dat die mannetjie kaalgat op ons balkon staan! Dit het ons laat besef hierdie geraasmakers is nie boewe nie. Dinge het darem van so 03:00 af kalmeer.
Ons het ‘n heerlike ete by Col’Cacchio gehad by die Gateway Winkelsentrum. Die atlete wou vroeg inkruip om soveel moontlik te rus voor Sondag. In die middel van die nag was daar by my en Hildegarde se bure redelik baie opwinding. Dit het kompleet geklink of iemand omstreek 01:50 die gastehuis probeer oorneem. Ons het na so 30 min agtergekom dit is maar net ‘n oordosis van voggies wat ons bure so rumoerig gemaak het. Natuurlik is ons van die platteland nie gewoond aan hierdie tipe dinge nie, so ons was maar redelik bang! Die einaardigste dinge maal deur jou kop as jy vasgevang is in jou kamer en mense begin ruk aan jou skuifdeur omdat hulle dink hul is nou skielik “untouchable”. Hildegarde was natuurlik braaf genoeg om nog te wil loer wat aangaan, ek aan die anderkant kon die toneel voor my sien afspeel hoe iemand my op ons balkon met ‘n wapen inwag. Sy sien toe egter deur die skrefie in die gordyn dat die mannetjie kaalgat op ons balkon staan! Dit het ons laat besef hierdie geraasmakers is nie boewe nie. Dinge het darem van so 03:00 af kalmeer.
Saterdagoggend het ons ‘n lekker losmakertjie gaan hardloop
langs Umlanga Prominade. Ek het saam met
die twee gehol en dit terdeë geniet om so bietjie oefening in te kry. Hulle was reg vir Sondag.
Ontbyt by die gastehuis en toe vertrek ons na ons nuwe blyplek wat so51 km
van Pietermaritzburg geleë was. Dis ‘n
pragtige deel van ons land en ons “roadtrip” het ons ‘n paar plekke gewys waar
ons nog nooit was nie. Ons het die roete
gery nes hulle die volgende dag sou hardloop en ons strategie reggekry oor waar
ons teen die pad sal wees ens. Ons is
deur Pietermaritzburg om te kyk waar die stadsaal is waar hulle sou
wegspring. Tyd is geneem van hoe lank
dit sou neem vanaf ons verblyf tot in Pietermaritzburg. Alles was besig om in plek te val vir die
volgende dag.
Ontbyt by die gastehuis en toe vertrek ons na ons nuwe blyplek wat so
Ons verblyf was by Curry’s Post Lodge net anderkant
Howick. ‘n Pragtige plaas met
gastekamers. Baie rustige atmosfeer en
net die regte plek om te rus voor die groot dag. Daar is so min as moontlik fisies
gedoen. Ons het kos gekoop teen die pad
wat die atlete ken. Pastaslaai, groente
sonder roomerige sous, frikkadelle.
20:30 was almal in die bed en reg vir die wekkers wat vanaf 02:30 sou
afgaan.
Sondag, 29 Mei 2016 – Hierdie dag sal my vir altyd
bybly. Ek en Saretha het alles in ons
vermoë probeer om dit vir ons twee atlete so gemaklik moontlik te maak op die
dag. Ons wou hê alles moes perfek wees
vir hulle en dat hul net hoef te fokus op die enorme taak op hande. Ons het ons verblyf 04:07 verlaat en het
Pietermaritzburg 04:45 binnegery. Die
senuwees / opgewondenheid was duidelik sigbaar by al die atlete. Hierdie is ‘n verskriklike groot gebeurtenis
en ek het lanklaas soveel mense bymekaar gesien. Ons het 05:00 vir Hildegarde en Lood gegroet
waar hulle by die wegspring in hul onderskeie “shoots” moes ingaan. Hildegarde sou in groep C wegspring en Lood
in groep G. Dit word bepaal deur jou
kwalifiseringsmarathon tyd wat jy opgegee het voor begin Mei. Lood se beste marathon tyd was beter as sy kwalifisering,
maar hy het nooit sy tyd ingegee nie. Ek
en Saretha het ons gehaas na die McDonalds en die wegspring op die TV
gekyk. Ek was toe reeds op my derde
koffie! Dit neem amper 10 min vir die
laaste atleet om oor die wegspring matte te kom.
Ons eerste stop was so 12 km die wedloop in by Ashburton. Dit was net na Polly Shorts. Beide Lood en Hildegarde het met langmouklere begin, dit was 6 grade Celsius met die wegspring en ons wou hul warmgoed by hul kry. Hulle het verby ons gevlieg soos jul sal kan sien uit die swak foto wat ek van Lood geneem het, ek moes self hardloop om die foto te kry. Dit was steeds koud en hulle het niks uitgetrek nie.
Ons volgende stop was 25 km die wedloop in by Camperdown. Hier het ons vir Pieter Hanekom, Riaan van Zyl, Hildegarde, Jenita du Plessis en Lood gesien. Almal van hulle het nou wel nie vir ons gesien nie! Hildegarde het haar warmklere vir my gegee en Lood het 2 broodjies en bietjie Lucozade geneem. Hulle het great gelyk. Ek het op ‘n bultjie gestaan en die foto van al die atlete geneem. Dit is ‘n enorme wedloop!
Ons derde stop was op 45 km by Drummond. Hier moes ek en Saretha ons eie klein
Comrades doen. Ons het ongeveer 2 km van
die besigtigingspunt parkeer wat geen probleem is nie, maar dit was heel onder
teen ‘n baie steil bult. Saretha het
almal vertel dat die bult 90 grade is en 5 km lank was! Hildegarde het ons meegedeel dat sy liggies
kramp en bietjie Lucozade en Rehidrate by ons geneem. Lood en Emile (wat saam met Saretha werk) het
mekaar op die pad gevind en saam gehardloop.
Hulle was vol smiles en het lekker geëet en gedrink by ons. Ons moes toe weer die steil bult af wat
natuurlik baie makliker was. Ons was
baie in ons skik dat ons so ver weg parkeer het, aangesien dit die vertrek net soveel
makliker gemaak het. Die mense wat nader
aan bo parkeer het staan waarskynlik nou nog daar. Ek dink elke atleet het drie ondersteuners en
twee voertuie, want daar was ‘n ontelbare hoeveelheid mense en voertuie by elke
punt.
Ons volgende punt was net voor Pinetown op 68 km. Dit sou wees aan die einde van die lang afdraend en hier is waar die atlete baie pyn ervaar. Mens sou dink afdraend hardloop is maklik, maar wanneer jy kramp en jy moet jou liggaam regop hou teen ‘n afdraend af kan baie dinge skeefloop. Dit was natuurlik toe die geval met Hildegarde. Sy was baie seer en kon nie eers haar oe knip nie dank ramp sy. Daar was 21 km oor van waar hulle ons gekry het en dit was beslis nie ‘n maklike 21 km nie. Intussen was Riaan van Zyl besig om die wedloop van sy lewe te hardloop. Op die tracker kon ons sien dat hy sou klaar wees voordat Lood by ons op 68 km was. Dit was Riaan se 10de Comrades en hy het sy eerste silwer medalje verdien met ‘n tyd van 7 uur 22 min. Well done Riaan! Lood en Emile het weer by ons gestop en was baie bly om ons te sien. Hulle was onder die indruk ons sou na die 45 km merk direk eindstreep toe gaan. Die manne was reg vir die laaste 21 km.
Ons volgende punt was net voor Pinetown op 68 km. Dit sou wees aan die einde van die lang afdraend en hier is waar die atlete baie pyn ervaar. Mens sou dink afdraend hardloop is maklik, maar wanneer jy kramp en jy moet jou liggaam regop hou teen ‘n afdraend af kan baie dinge skeefloop. Dit was natuurlik toe die geval met Hildegarde. Sy was baie seer en kon nie eers haar oe knip nie dank ramp sy. Daar was 21 km oor van waar hulle ons gekry het en dit was beslis nie ‘n maklike 21 km nie. Intussen was Riaan van Zyl besig om die wedloop van sy lewe te hardloop. Op die tracker kon ons sien dat hy sou klaar wees voordat Lood by ons op 68 km was. Dit was Riaan se 10de Comrades en hy het sy eerste silwer medalje verdien met ‘n tyd van 7 uur 22 min. Well done Riaan! Lood en Emile het weer by ons gestop en was baie bly om ons te sien. Hulle was onder die indruk ons sou na die 45 km merk direk eindstreep toe gaan. Die manne was reg vir die laaste 21 km.
Ek en Saretha het gejaag eindstreep toe. Ons het geweet dit sou baie deurmekaar wees
om parkering te kry, die stadion binne te gaan en ‘n goeie staanplek te kry om
ons mense te sien inkom. Dit was dan ook
die geval. Ons “timing” was gelukkig
goed en kon staanplek agter die kameraman kry net waar die atlete die stadion
binnekom. Nou net om vir julle ‘n
bietjie van ‘n idee te gee oor wat ek en sy die heeltyd doen terwyl ons vir die
atlete wag, want baie mense het my gevra wat ek gaan doen as ek saam Comrades
toe gaan. Punt 1, en dis my opinie, jy
hoort by jou man / vrou as jy hierdie ding aanpak. Hierdie atlete het hulself voorberei vir die
laaste 6 maande. Huishoudings is
omvergegooi. Almal het saam voorberei
vir hierdie gebeurtenis. Klein
dingetjies wat hul dag makliker maak word deur die ondersteuner hanteer. Punt 2, almal by die huis wil weet wat
aangaan. Ja, ek weet jy kan die atleet
op die tracker volg, maar die persoonlike kontak wat jy as ondersteuner met die
atleet maak is die boodskap wat die mense by die huis wil hoor. Ek en Saretha was heeldag op ons
telephone. Ons moes mense by die huis op
hoogte hou en dit alleen is ‘n enorme taak, veral as jy sit met bagasie
(eetgoed, drinkgoed, smeergoed) by jou en dis dan ook om hierdie rede wat die
enigste insident van die dag gebeur het.
Ons is tussen die hordes mense die stadion binne, ons was heeldag
versigtig met alles wat ons moes oppas.
Ons het ons plekkie gekry waar ons die atlete sou inwag en erens moes
iemand sy hande in Saretha se handsak gekry het en Lood se selfoon is
gegaps. Dit het ‘n demper op alles
geplaas aangesien ons dit op die oomblik uitgevind het wat Hildegarde die
stadion binnegekom het. Ek kon nie my
foto van haar neem wat ek so graag wou he nie, maar gelukkig het SABC 2 haar
afgeneem! Sien video.
Op dieselfde oomblik wat Hildegarde klaargemaak het, het
Pietman en Woel ook hul voertuig parkeer.
Hul sou vir Lood sien klaarmaak saam met ons. Hildegarde was baie seer. Elke tree was ‘n berg waaroor sy moes
klim. Ewe skielik het haar oe dieper in
haar kop gegaan, haar lippe het wit geraak.
Ek en Pietman het haar opgetel en na die mediese beamptes geneem. Sy was fine, dit was net die stilword na die
heeldag se inspanning en haar liggaam wou afskakel. Sy was na ‘n blikkie Fanta weer piekfyn en
kon saam met ons vir Lood en Emile sien klaarmaak. My foon was pap en Pietman het ‘n video
geneem van Lood-hulle. Nou net om te
verduidelik, ons weet min of meer waar die atlete is met die tracker, maar jy
moet steeds baie mooi kyk om seker te wees jy mis hulle nie tussen al die mense
nie. Pietman was dus slaggereed met die
video toe Lood-hulle rofweg die laaste km betree en het vir veiligheid solank
begin opneem. Hildegarde het ons heeltyd
vertel hoe lank die laaste km neem en dit vir haar gevoel het of dit net nie
klaarkom nie. Pietman het 10 min reeds
afgeneem toe Lood-hulle hul verskyning maak.
Gelukkig het ons dit, sien video.
Ek en Hildegarde het solank begin kar toe stap, want sy kon beswaarlik loop en ons het geweet dit gaan baie lank vat. Lood was opgeruimd, moeg, maar baie tevrede. Ons het vandat ons die logistiek vir die Comrades beplan het ooreengekom dat “come hell or high water” ons die aand gaan uiteet en elkeen gaan ‘n shooter drink om hierdie groot gebeurtenis te vier. Ons tafel was vir 19:00 geboek by die Oyster Box restaurant. Kerrie (Bunny Chow) is deur die meerderheid van ons geselskap geëet, maar die vlammetjies het maar flou gebrand vir almal. Dit was ‘n baie lang dag.
Ons het by dieselfde gastehuis gebly as die Vrydag en hierdie keer was daar geen geraas nie. Vanoggend ontbyt geëet en toe lughawe toe. Die atlete stap baie swaar. Die hele lughawe is vol mense wat gister gehardloop het en almal lyk baie ongemaklik. Ek sit en skryf hierdie blog in die vliegtuig, maar sal hom eers publiseer sodra ons ekstra foto’s het.
Ons wil graag almal bedank vir al die boodskappe. Mens besef eers hoe ‘n groot gebeurtenis dit vir
ons Suid-Afrikaners is wanneer jy boodskappe begin ontvang van mense wat jy
nooit sou dink die wedren volg nie. Die
91ste Comrades van Pietermaritzburg na Durban was ‘n fantastiese ervaring en ek
hoop met hierdie skrywe kon ek my opgewondenheid en ervaring wat ons die
afgelope naweek gehad het met jul deel.
Indien jy ooit die geleentheid het om deel te neem of te kom ondersteun,
gryp dit aan, dis awesome!
Laaste woordjie van die atlete, my vraag, sal julle dit weer
doen? Beide kyk my net skaapagtig aan,
wie weet wat binne hulle broei. Vir nou
is daar te veel emosies om daardie vraag te antwoord.
Ons praat weer gou, sal net iets vir die bucket list moet
kry!
Groete,
JG