Scott Scale 900 RC |
Welkom by Lanseria |
Ek en Iwan |
Lekker Kaapse wyn! |
Johannesburg is nie vir sissies nie. Teen hierdie tyd was ek al net so opgewonde om my bike te sien soos wat ek was toe Hildegarde my gevra het om te "kys" destyds! Ons het by Iwan Roux se huis gestop en voordat ek die fiets gesien het, het ek geweet die fiets sal netjies wees. Hul huis is onberispelik en ek kon 'n trots by Iwan bespeur en het geweet die fiets sal met dieselfde trots hanteer wees. Ek was ook nie verkeerd nie. Top kondisie en elke sent werd - dankie Iwan. Iets wat ek nie vroeër genoem het nie was dat Iwan my gesê het ek skuld hom Kaapse wyn omdat hy so baie mense moes wegwys. Ek het toe so gemaak (sou elk geval) - dit tel nie as omkoop nie!
Hyundai vol gelaai! |
Ek en Stephan - Monte Casino |
Gesonde Ontbyt |
Ellispark |
Ons het daai Hyandai oop kêtels lughawe toe gejaag. Ek het solank ander vlugte begin "Google". Om 17:43 is ek Lanseria binne, sonder my fiets, Stephan het nog aangekom met hom. Ek is amper bo-oor die toonbank en het gemaak asof ons in 'n ongeluk was en dit net-net lewendig tot by lughawe gemaak het. Hulle het my gehelp en om 17:50 het ek alweer geklim! Ek was lanklaas so verlig. Dit het gesorg vir enorme opwinding (en stres) na 'n fantastiese dag en 'n half saam met my broer.
Met my aankoms tuis rondom 21:30 het ek sommer dadelik begin om weer die fiets inmekaar te sit net vir ingeval dit ophou reen en ek die volgende dag dalk 'n spin kan gaan vat - kon toe nie en moes maar noodgedwonge Sondag padfiets ry.
My "trippie" was op verskillende vlakke vir my uiters geslaagd. Ek het 'n great ou in Iwan Roux ontmoet. Ek het meer as een nuwe plek in Johannesburg omgewing gesien en ek het kwaliteit saam met een van my beste pelle (my boet) gehad. Als in als 'n uiters suksesvolle "roadtrip" en 'n lekker verhaal om te vertel!
Volgende op die lys is my en Hildegarde se "bike setups" met professionele fietsryer Johann Rabie voor Saterdag se Die Burger Bergfietsren. Sal 'n blog skryf net oor die "setup" aangesien daar baie mense is wat nou begin ry en dalk nie die belangrikheid van so iets besef nie. Meer daaroor volgende keer!
Lekker jaag!
JG
Wat 'n voorreg om 2 sulke 'great' seuns te hê en daarby nog 'n dierbare (skoon)dogter ook! (Oumie praat maar liewer nie van die 2 kleintjies nie, dan raak dit dalk te lank.)
AntwoordVee uitLief vir julle!