Ons Borge
|
www.nexusag.net |
In 'n vorige blog het ek verduidelik hoe ons by die punt uitgekom het waar ons gaan deelneem aan 2014 se Epic. Wat ons egter deeglik bewus van is, is die astronomiese koste van so 'n projek. Dit maak nie saak hoe goedkoop jy dit gaan probeer doen nie, dit gaan nogsteeds 'n kleinhuisie vol geld kos.
|
www.agchem.co.za |
Ek en Hildegarde het onmiddellik nadat ons die inskrywing gekry het begin om idees rond te gooi oor hoe ons ekstra fondse kan insamel om ons droom 'n werklikheid te maak. Daar is verskillende finansiële en logistieke beplannings wat gedoen moet word vir so iets. Die groot kostes is nie net die inskrywing van die Epic nie, maar al die voorbereidings wedrenne, toerusting, dienste, brandstof, ens. wat deel van die hele prentjie vorm. Die idees wat ons op die tafel geplaas het en ook nou reeds redelik ver uitgerol het is die volgende:
|
www.cosmocel.co.za |
My "regte" werk / beroep is 'n landbouchemiese verteenwoordiger. Ons verkoop produkte aan produsente wat hul onkruid, swam en insek probleme aanspreek. Ek tree dus as 'n konsultant vir die produsent op en hy koop die landbouchemiese produkte by ons besigheid. Ek is 'n vennoot in ons besigheid saam met my twee baie betroubare kollegas Eric Venter en Stephan Venter. Hulle is uiters ondersteunend in alles wat ek en Hildegarde aanpak. Ons drie is elkeen verantwoordelik vir verskillende funksies in die besigheid en werk baie lekker as 'n span saam. Weens die feit dat ons produkte aankoop van verskillende maatskappye, gee dit ons 'n lekker netwerk van maatskappye van wie ons dan kliënte is. Hierdie is dan ook die maatskappye wie ek genader het toe befondsing benodig is. Ek wil baie dankie sê vir Nexus, AgChem, Cosmocel, Insect Science SA, Oro Agri, Sun Lab en Dow AgroSciences. Hierdie maatskappye het uit die staanspoor onmiddellik ja gesê toe ons aan hul deur gaan klop.
Geen opmerkings nie:
Plaas 'n opmerking