Ons vra onsself baie die vraag, wie oefen wanneer en wie gaan na die kinders kyk? Ons is 'n baie hegte gesin en geniet mekaar verskriklik baie. Dit is dan ook nie vir ons 'n straf om net saam te wees nie. Die kinders word groot met ma en pa wat aktief is. Hulle sien die voorbeeld wat ons probeer stel. Eet gesond, wees aktief en probeer soveel as moontlik buite doen. JJ het 19 Mei verjaar en ons het gevoel dat in ons Epic jaar dit goed sal wees om vir elke kind ook 'n nuwe fiets te gee vir hul onderskeie verjaarsdae. Dit was JJ se eerste fiets en hy was baie opgewonde. Om dit regverdig te maak (so hoop ons!) het ons Hilge se fiets saam met JJ s'n op sy verjaarsdag gegee sodat hulle darem saam kan ry. Adventure Cycles was weer byderhand en het met goeie diens aan al ons behoeftes voorsien - dankie Niel en Annemarie!
JJ op fiets |
Hilge op fiets |
Epic Partners |
Hildegarde |
Kyk bietjie na die voorbeeld van ons hemde en gee opinie! Dit was nogal 'n groot uitdaging om al die borge wie deel was van die borg van die klere se name en logo's op die regte plekke te laat verskyn. Ons dink dit het baie goed uitgekom. Hopelik sal ons oor 4 - 5 weke die besending kry en vandaar sal ons met dit kan deelneem, baie opgewonde.
Vir nou eers is dit werk, oefen en al die normale dinge van die lewe. Hier kom weer bietjie reën, so byt vas en kom weer buite as dit oor is.
Groete tot later,
Jaco G
Sterkte. Ons hou julle prestasies dop.
AntwoordVee uit